Duisende liter drinkwater lek in rivier in

Die Von Bach-Windhoek pompstasie lek water, luidens berigte as gevolg van ‘n foutiewe klep. Die water, wat reeds gereinig is en hoofstad toe vervoer word, lek reeds ‘n geruime tyd in die Otjihavera-rivier in. NamWater reeds verlede week verwittig van die kwessie maar, dit wil voorkom as dit nie aangespreek is nie. Kenners meen duisende liter drinkwater is reeds vermors. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Abraham Nehemia gepraat.