Kaapse tannie, 103, registreer vir inenting

‘n Honderd-en-driejarige Kapenaar het vir Covid-19 inenting geregistreer tydens ‘n veldtog deur die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid, Nomafrench Mbombo. Nosayiniete Cetyiwe is een van 29 inwoners bo 60 wat by die Masimanyane-sentrum in Delft geregistreer het. Mbombo en gemeenskapswerkers het inwoners gehelp om hulle besonderhede in te dien. Almal wat geregistreer het, het ‘n pak winter-benodigdhede soos handskoene en serpe gekry wat die Oceana-groep en die Taiwanse regering geskenk het.