Leerders wat eksamen wil skryf moet inligting verifieer

Die Namibiese Ministerie van Onderwys het leerders wat vir die Graad 11 en 12 eksamens aan die einde van die jaar geregistreer is, daaraan herinner dat hulle al hulle inligting by die eksamensentrums moet verifieer. Alle deeltydse kandidate, vir beide Graad 11 en 12 kan reeds vanaf 5 Mei tot 4 Junie inligting bevestig en voltydse kandidate kan tussen 26 Mei en 4 Junie vanjaar so maak. Die ministerie sê as dit nie gedoen word nie sal alle inligting tans in sy besit was korrek beskou word.