Airlink sluit ooreenkoms met Keniaanse redery

Kenia se nasionale lugredery, Kenya Airways, en die Suid-Afrikaanse plaaslike lugredery Airlink het ‘n ooreenkoms gesluit. Die waarnemende Handelshoof van Kenya Airways, Julius Thairu, sê dit sal passasiers moeitelose toegang tot beide operateurs se netwerke bied. Airlink sal sy kliënte van kaartjies kan voorsien na Nairobi en selfs verder na die Keniaanse lugdiens se netwerk van bestemmings. Dit sluit Burundi, Tanzanië, Uganda, Rwanda en die Demokratiese Republiek van die Kongo in.