Tucna beroep hom op artikel van Arbeidswet

Die Vakbond Kongres van Namibië sê hy beroep hom op artikel 80(1)(b) van die Arbeidswet van 2007 in die staking van die werknemers van die NBC. In ‘n skrywe aan die Namibiese Minister van Arbeid, Utoni Nujoma, sê Mahongora Kavihuha dit wil voorkom asof daar nie tot verhaal gekom word nie. Hy het ‘n beroep op Nujoma gedoen om die artikel van die Arbeidswet so vinnig as moontlik toe te pas. Dit artikel bemagtig die minister, sou die kwessie in nasionale belang wees om ‘n paneel aan te stel om enige moontlike industriële konflik te ondersoek. Kavihuha sê die spesifieke artikel is meer vanpas as die vorige een wat konsiliasie aanbeveel.