Ondersoek na regters in wapenskandaal geloods
Open Secrets in Suid-Afrika sê hy is verheug dat die proses begin het om die regters wat die wapenskandaal ondersoek het, vir growwe wangedrag aanspreeklik te hou. Die Regterlike Gedragskommissie vergader aanstaande maand om aan te beveel of ‘n klagte teen Regters Willie Seriti en Hendrick Musi ondersoek moet word en by die Regterlike Gedragstribunaal […]
Oud-weermaghoof dagvaar oor arrestasie
‘n Voormalige bevelvoerder van die Namibiese weermag, Generaal-Majoor Thomas Hamunyela, dagvaar die Minister van Veiligheid en Sekuriteit vir hy wat sê was sy onwettige arrestasie en aanhouding. Hamunyela is op 12 Januarie gearresteer op klagte van veediefstal. Volgens die staat het hy in Junie verlede jaar 3 osse en ‘n koei met ‘n beraamde waarde […]
Covid-afval hoop op by kliniek
Mediese afval hoop vir die tweede keer buite die Robert Mugabe-kliniek in die hoofstad op. Die sakke is teen die oop heining by die openbare sypaadjie en raak daagliks meer. Kosmos 94.1 Nuus het Dinsdag navrae by die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe gedoen en hy het onderneem om op te […]
Koningin open Britse Parlement
Koningin Elizabeth het die Britse Parlement geopen en die regering se wetgewende agenda bekend gemaak. Dit was haar eerste amptelike verpligting sedert die begrafnis van haar man, Prins Philip. Sy het onder andere Premier Boris Johnson se planne bekendgestel vir die herinstelling van ‘n omstrede wetsontwerp om die polisie se magte te vergroot. Die koningin […]
Aanspreeklikheid van amptenare van kritieke belang
Talle Namibiese staatsamptenare het die regering miljoene gekos weens regskoste en skadevergoeding. Voorvalle van nalatigheid in staatshospitale en polisiehardhandigheid kom gereeld voor. Die Direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het gesê om dit te stop, moet staatsamptenare verantwoordelikheid vir hul dade neem.
Respekteer Israel sê VF-Plus
Die Vryheidsfront Plus in die buurland sê dit is tyd dat die Suid-Afrikaanse regering Israel se soewereiniteit eerbiedig. Die party het gereageer op ‘n opmerking deur President Cyril Ramaphosa waarin daar steun uitgespreek word vir die Palestyne te midde van groeiende konflik met Israel. Die Vryheidsfront Plus sê dit is nie Israel wat hom skuldig […]
NBC: petisies word landwyd vandag oorhandig
Die Namibiese Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die meerderheid Namibiërs is afhanklik van die nasionale uitsaaier vir inligting, maar die regering kan nie NBC-werkers se salarisse bekostig nie. NBC-werkers wat sedert 23 April staak, gaan vandag ‘n landswye vreedsame protesoptog hou. Petisies gaan by verskeie kantore oorhandig word. In Windhoek sal dit aan die Speaker […]
Groepe gekant teen plastiekbesoedeling
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die finale wysigings aan die uitgebreide produsente-verantwoordelikheidsregulasies bekend gemaak, waarin voorkeur gegee word aan herwinningskemas. Twee drukgroepe gekant teen plastiekbesoedeling, Greenpeace Africa en Break Free from Plastic, het 4 000 voorleggings van die publiek ingedien. Angelo Louw van Greenpeace sê die wysigings maak dit steeds maklik […]
NBC hou môre landswyd optog
NBC gaan môre ‘n landswye vreedsame protesoptog van stapel stuur. Petisies gaan by verskeie kantore oorhandig word. In Windhoek sal dit aan die Speaker van die Nasionale Vergadering word, asook aan die Eerste Minister en Ministeries van Finansies en Inligting oorhandig word Op Swakopmund, Keetmanshoop, Otjiwarongo en Oshakati, Katima Mulilo, Rundu sal die petisies by […]
Huwelike bo Rooilyn outyds
Die situasie met huwelike wat bo die Rooilyn in die eg verbind word, bly steeds ‘n uitdaging. In 2018 het die Wetshervorming Ontwikkelingskommissie aangedui dat die sogenaame Rooilynwet vervang moet word waar die stelsel van huwelike binne gemeenskappe van goedere steeds geld. Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Justisie, Glady Pickering, sê dit […]