Respekteer Israel sê VF-Plus

Die Vryheidsfront Plus in die buurland sê dit is tyd dat die Suid-Afrikaanse regering Israel se soewereiniteit eerbiedig. Die party het gereageer op ‘n opmerking deur President Cyril Ramaphosa waarin daar steun uitgespreek word vir die Palestyne te midde van groeiende konflik met Israel. Die Vryheidsfront Plus sê dit is nie Israel wat hom skuldig maak aan ʼn oortreding van die internasionale reg nie, maar die ANC-regering wat nie die soewereiniteit van Israel wil erken en eerbiedig nie. Die party sê die geweld in Jerusalem moet voor die deur gelê word van die Palestynse owerhede, die terreurgroep Hamas en ander terroristegroepe.