NBC hou môre landswyd optog

NBC gaan môre ‘n landswye vreedsame protesoptog van stapel stuur. Petisies gaan by verskeie kantore oorhandig word. In Windhoek sal dit aan die Speaker van die Nasionale Vergadering word, asook aan die Eerste Minister en Ministeries van Finansies en Inligting oorhandig word Op Swakopmund, Keetmanshoop, Otjiwarongo en Oshakati, Katima Mulilo, Rundu sal die petisies by die Streeksgoewerneurskantore oorhandig word en by Tsumkwe by die Streeksraadkantoor. NBC-werkers se teenwoordiger, Ihana Mbaha, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.