Oud-weermaghoof dagvaar oor arrestasie

‘n Voormalige bevelvoerder van die Namibiese weermag, Generaal-Majoor Thomas Hamunyela, dagvaar die Minister van Veiligheid en Sekuriteit vir hy wat sê was sy onwettige arrestasie en aanhouding. Hamunyela is op 12 Januarie gearresteer op klagte van veediefstal. Volgens die staat het hy in Junie verlede jaar 3 osse en ‘n koei met ‘n beraamde waarde van 29 000 doller by die Mutorwa nedersetting naby Rundu gesteel. Hy sê daar was geen lasbrief vir sy inhegtenisname nie en sou die Staat nie die foutiewelik klagtes teen hom gebring het nie, sou die hof in Rundu hom nie in aanhouding gehou het nie. Hy is twee dae na sy eerste verskyning op borg van 5 000 doller vrygelaat. Hy eis ‘n totaal van 420 000 doller in skadevergoeding en regskostes maar, hy vra ook die hof vir ‘n bevel vir kostes. Regter Essie Schimming Chase sal die saak, wat verdedig word en vandag vir saakbeplanning voorkom, aanhoor. Hamunyela besit na wat berig word ‘n AK47 geweer. Hy het na bewering aan amptenare in die hof gesê hy besit die aanvalsgeweer en kan sekuriteitsmagte bystaan indien nodig. Hy is in die hof gevra hoekom hy die wapen besit en hy het gesê hy het dit saamgevat toe hy afgetree het ingeval sekuriteitsmagte hom nodig kry. Die wet laat nie toe dat lede van die publiek outomatiese vuurwapens besit nie. ‘n Ondersoek is na die voorval geloods.