Ondersoek na regters in wapenskandaal geloods

Open Secrets in Suid-Afrika sê hy is verheug dat die proses begin het om die regters wat die wapenskandaal ondersoek het, vir growwe wangedrag aanspreeklik te hou. Die Regterlike Gedragskommissie vergader aanstaande maand om aan te beveel of ‘n klagte teen Regters Willie Seriti en Hendrick Musi ondersoek moet word en by die Regterlike Gedragstribunaal ingedien moet word. Die organisasies sonder winsbejag, Shadow World Investigations en Open Secrets, het in Augustus verlede jaar ‘n klagte ingedien. Die Direkteur van Open Secrets, Hennie van Vuuren, sê die regters het nie enige bewyse van korrupsie gevind nie: