Covid-afval hoop op by kliniek

Mediese afval hoop vir die tweede keer buite die Robert Mugabe-kliniek in die hoofstad op. Die sakke is teen die oop heining by die openbare sypaadjie en raak daagliks meer. Kosmos 94.1 Nuus het Dinsdag navrae by die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe gedoen en hy het onderneem om op te volg. Hy was nie weer beskikbaar nie. Vanoggend om 5-uur was die afval, wat volgens streng regulasies bestuur moet word, steeds daar. Mediese afval word as gevaarlik beskryf as gevolg van die aard daarvan. Die kliniek behandel eksklusief Covid-pasiënte.