NBC: petisies word landwyd vandag oorhandig

Die Namibiese Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die meerderheid Namibiërs is afhanklik van die nasionale uitsaaier vir inligting, maar die regering kan nie NBC-werkers se salarisse bekostig nie. NBC-werkers wat sedert 23 April staak, gaan vandag ‘n landswye vreedsame protesoptog hou. Petisies gaan by verskeie kantore oorhandig word. In Windhoek sal dit aan die Speaker van die Nasionale Vergadering word, asook aan die Eerste Minister en Ministeries van Finansies en Inligting oorhandig word. Op Swakopmund, Keetmanshoop, Otjiwarongo en Oshakati, Katima Mulilo, Rundu sal die petisies by die Streeksgoewerneurskantore oorhandig word en by Tsumkwe by die Streeksraadkantoor.