Huwelike bo Rooilyn outyds

Die situasie met huwelike wat bo die Rooilyn in die eg verbind word, bly steeds ‘n uitdaging. In 2018 het die Wetshervorming Ontwikkelingskommissie aangedui dat die sogenaame Rooilynwet vervang moet word waar die stelsel van huwelike binne gemeenskappe van goedere steeds geld. Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Justisie, Glady Pickering, sê dit is ongelukkig dat Namibië steeds sulke outydse wette in wetboeke het. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.