Groepe gekant teen plastiekbesoedeling

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die finale wysigings aan die uitgebreide produsente-verantwoordelikheidsregulasies bekend gemaak, waarin voorkeur gegee word aan herwinningskemas. Twee drukgroepe gekant teen plastiekbesoedeling, Greenpeace Africa en Break Free from Plastic, het 4 000 voorleggings van die publiek ingedien. Angelo Louw van Greenpeace sê die wysigings maak dit steeds maklik vir die plastiek en petrochemiese nywerheid om die omgewing te besoedel.