Kaza brandpuntgebied vir mens-dier-konflik
Die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied is ‘n brandpuntgebied vir mens-dier-konflik, sê die Namibiese Omgewingsminister, Pohamba Shifeta. Hy sê uit die 1 486 voorvalle wat verlede jaar gerapporteer is, het 585 voorvalle van mens-dier-konflik in die streke van Zambezi en Kavango-Oos en Kavango-Wes voorgekom. Hy sê sy Ministerie probeer alles om die uitdagings van mens-dier-konflik in Kaza te […]
Namibië, EU goeie handelsvennote
Namibië en die Europese Unie is langtermyn vennote, sê die EU se Ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila. Die EU is ‘n belangrike uitvoermark vir Namibië met Namibiese goedere ter waarde van N$19 miljard wat in 2019 na die EU uitgevoer is. Dit sluit landbou- , vissery en mynbouprodukte in. Twaku Kayofa, die EU se Kommunikasiebeampte […]
Opperman maak 0.20 rugbyspan bekend
Die Afrigter van die Namibiese onder 20 rugbyspan, Jood Opperman, het sy span bekendgemaak. Hulle sal vanaf 26 Junie tot 4 Julie aan die 2021 Rugby Afrika Barthés-toernooi in Nairobi in Kenia deelneem. Opperman het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel hy het ‘n gebalanseerde span gekies.
SA Regters vir wangedrag ondersoek
Die proses om die twee Suid-Afrikaanse Regters – wat deel was van die Seriti Ondersoek – vir wangedrag te ondersoek, het nou die groen lig gekry. Dit, nadat die Suid-Afrikaanse Regterlike Dienskommissie dié week bevestig het dat dit Regters Willie Seriti en Hendrick Musi vir growwe wangedrag en onbevoegdheid sal begin ondersoek. Die twee is […]
Bafana Bafana kry hulpafrigter
Die pasaangestelde Bafana Bafana-afrigter, Hugo Broos, het Cedomir Janevski as sy eerste hulpafrigter aangewys. Hy is van Macedonië en woon tans in Ciprus. Broos het gesê Janevski is ‘n vertroueling en hy sal help om die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan te verbeter. Broos het bygevoeg dat hy ook ‘n plaaslike hulpafrigter sal hê en daar sal […]
Geskiedkundige ontdekking in Egipte
Argeloë het sowat 250 grafte van sowat 4 200 jaar gelede in die stad Sohag in Egipte ontdek. Een graf, wat dateer uit die dae van die Ou Koninkryk, is oortrek deur hiërogliewe en bevat ook ‘n offerkamer, berig internasionale media.
Opname oor SA Covid-gevalle
‘n Nasionale beraming van die persentasie Suid-Afrikaners wat moontlik met die Covid-virus besmet is, sal hopelik later die maand bekend gemaak word. Dit is wanneer die nasionale Covid-19-teenliggaam-opname na verwagting afgehandel sal wees. Liggame soos die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het […]
Gevangenes moet tydens vervoer geboei wees
‘n Saak van poging tot moord en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen is teen ‘n Namibiese polisiebeampte aanhangig gemaak ná hy per ongeluk ‘n omstander geskiet het terwyl hy besig was om ‘n gevangene te jaag. Lenard “Jack Sparrow” Pilley, ‘n Suid-Afrikaanse burger, het Dinsdagmiddag uit polisie-aanhouding probeer ontsnap terwyl hy deur ‘n hofbeampte […]
Ekonoom: Lenings vir goeie projete kan hulself terugbetaal
Reaksie is ontvang oor die Namibiese Ministerie van Finansies se finansiële samewerkingsooreenkoms ter waarde van 1,8 miljard Namibiese doller met die Duitse regering. Luidens berigte sal 3 programme deur die Duitsers befonds word. Volgens die Finansminister Ipumbu Shiimi sal die Gammans water herwinningsaanleg opgradeer word teen ‘n koste van N$900 miljoen. Die Ontwikkelingsbank sal met […]
Finse sokkersvroue kan hijabs dra
Finland se nasionale sokkerliga het hijabs aangebied aan enige speler wat een wil hê. Die land se topafdeling in vroue-sokker sê kinders word uitgerus met alles wat hulle nodig het wanneer hulle in die land begin sokker speel. Tot nou toe was sport-hijabs egter nie beskikbaar nie. Internasionale media berig dat die hoof van die […]