Bafana Bafana kry hulpafrigter

Die pasaangestelde Bafana Bafana-afrigter, Hugo Broos, het Cedomir Janevski as sy eerste hulpafrigter aangewys. Hy is van Macedonië en woon tans in Ciprus. Broos het gesê Janevski is ‘n vertroueling en hy sal help om die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan te verbeter. Broos het bygevoeg dat hy ook ‘n plaaslike hulpafrigter sal hê en daar sal mettertyd ‘n aangekondig hieroor gemaak word.