SA Regters vir wangedrag ondersoek

Die proses om die twee Suid-Afrikaanse Regters – wat deel was van die Seriti Ondersoek – vir wangedrag te ondersoek, het nou die groen lig gekry. Dit, nadat die Suid-Afrikaanse Regterlike Dienskommissie dié week bevestig het dat dit Regters Willie Seriti en Hendrick Musi vir growwe wangedrag en onbevoegdheid sal begin ondersoek. Die twee is in 2011 deur die voormalige President Jacob Zuma aangestel om bewerings van korrupsie en bedrog in die omstrede wapentransaksie te ondersoek. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt gesels met Direkteur van Open Secrets, Hennie van Vuuren.