Gevangenes moet tydens vervoer geboei wees

‘n Saak van poging tot moord en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen is teen ‘n Namibiese polisiebeampte aanhangig gemaak ná hy per ongeluk ‘n omstander geskiet het terwyl hy besig was om ‘n gevangene te jaag. Lenard “Jack Sparrow” Pilley, ‘n Suid-Afrikaanse burger, het Dinsdagmiddag uit polisie-aanhouding probeer ontsnap terwyl hy deur ‘n hofbeampte in die omgewing van die Walvisbaai-landdroshof na ‘n kitsbank vergesel is. Andreas Nelumbu, Erongo se Streekskommissaris, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die polisiebeampte het nog nie in die hof verskyn nie.

Nelumbu sê verder verdagtes mag nie na kitsbanke geneem word nie en wanneer hulle vervoer word, moet hulle in handboeie wees.