Finse sokkersvroue kan hijabs dra

Finland se nasionale sokkerliga het hijabs aangebied aan enige speler wat een wil hê. Die land se topafdeling in vroue-sokker sê kinders word uitgerus met alles wat hulle nodig het wanneer hulle in die land begin sokker speel. Tot nou toe was sport-hijabs egter nie beskikbaar nie. Internasionale media berig dat die hoof van die nasionale beheerliggaam se departement vir die ontwikkeling van vroue, Heidi Pihlaja, sê Finland is bekend as ‘n land wat gelyke geleenthede bied. Sy sê met die skenking van hijabs wil hulle die sport vir almal toeganklik maak.