Ekonoom: Lenings vir goeie projete kan hulself terugbetaal

Reaksie is ontvang oor die Namibiese Ministerie van Finansies se finansiële samewerkingsooreenkoms ter waarde van 1,8 miljard Namibiese doller met die Duitse regering. Luidens berigte sal 3 programme deur die Duitsers befonds word. Volgens die Finansminister Ipumbu Shiimi sal die Gammans water herwinningsaanleg opgradeer word teen ‘n koste van N$900 miljoen. Die Ontwikkelingsbank sal met N$540 miljoen voorsien word vir lenings om infrastruktuur met klimaatvriendelike tegnologie op te rig en N$360 miljoen sal aan Agribank bewillig word om voedselproduksie by te staan. Die geld is nie geskenk nie en is geleen. Die Namibiese Ekonoom van Unam, Dr. Omu Kakujaha-Matundu, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê dit hang af waarvoor die lening gebruik word. Hy sê as dit vir goeie projekte gebruik word om die ekonomie te laat groei, sal die lenings hulself terugbetaal .