Opname oor SA Covid-gevalle

‘n Nasionale beraming van die persentasie Suid-Afrikaners wat moontlik met die Covid-virus besmet is, sal hopelik later die maand bekend gemaak word. Dit is wanneer die nasionale Covid-19-teenliggaam-opname na verwagting afgehandel sal wees. Liggame soos die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het in November verlede jaar met die opname begin. Hulle sê dit word in al 9 provinsies gedoen en sal na verwagting 19 000 mense in 400 gemeenskappe bereik.