Ramaphosa se jeuginisiatief kom tot ‘n einde

Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys het bevestig dat die Presidensiële Jeug-indiensnemingsinisiatief wat deur die basiese onderwyssektor ingestel is, vandag tot ‘n einde kom. Die program, wat in Desember verlede jaar begin het, was aanvanklik vir ‘n tydperk van vier maande, maar is met een maand verleng tot die einde van hierdie maand. Die departement […]

Read More

Sam Nujoma Stadion-boete is betaal

Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Sokkervereniging Franco Cosmos sê die boete van 6 000 Amerikaanse doller wat die vereniging deur die Konfederasie van Afrika-sokker opgelê is, is betaal. Die boete hou verband met die wedstryd tussen die Brave Warriors en Guinee wat by die Sam Nujoma Stadion in die hoofstad gespeel is. Die stadion is […]

Read More

Zim-regering het nie geld vir landbou nie

Die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa het vandag die nuwer Landbou Finansieringskorporasie in die buurland van stapel gestuur. Die instansie sal landbou deur finansiering bystaan met lenings vir verskeie dienste in die bedryf. Maar die voormalige president van die kommersiële boere-unie in die buurland Deon Theron sê daar is nie geld nie…

Read More

AA in SA sê brandstofprys kan moontlik daal

Die Automobiel-Assosiasie in Suid-Afrika voorspel ‘n daling in brandstofpryse volgende maand. Die vereniging het in reaksie op die Sentrale Energiefonds se finale ongeouditeerde verslag vandag, gesê hulle verwag dat die prys van petrol met 13 sent per liter sal daal, diesel met 32 sent en lampolie met 23 sent. Die vereniging sê die wisselkoers het […]

Read More

Nuwe ooreenkoms befonds NHE-behuising

Die Nasionale Behuisings-onderneming, bekend as die NHE, het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken met Shelter Afrique, ‘n finansiering instansie wat die ontwikkeling van bekostigbare behuising in Afrika ondersteun. Gisbertus Mukulu, die NHE se Hoof Uitvoerende Beampte, sê die tekort aan beskikbare grond veroorsaak ‘n styging in die prys daarvan wat behuising onbekostigbaar maak. Shelter Afrique […]

Read More

Walvisbaai oorweeg nog verwydering van walviskarkas

Die Munsipaliteit van Walvisbaai oorweeg tans maniere waarop die karkas van die blouwalvis van 18-meter vernietig of verwyder kan word. Toeroperateurs op die kusdorp het dit opgemerk waar dit aan die kus dryf waarna dit uitgespoel het. Wetenskaplikes van die Namibiese dolfynprojek sê die dier van 16-ton is dood nadat dit deur ‘n boot getref […]

Read More

Een Indiër sterf elke 4 minute in Delhi

Die verwoestende tweede vlaag van die Covid-19-pandemie in Indië eis glo elke 4 minute ‘n lewe in die hoofstad Delhi. Die land se totale aantal gevalle het gister 18-miljoen verbygesteek nadat byna 387 000 nuwe gevalle aangemeld is. Liggame stapel op en werkers sukkel om by te hou met verassings. Houtvoorrade vir die begrafnis-stapels is […]

Read More

Geen toegang tot finasiering nie? Geen huis nie.

Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni het sy kommer uitgespreek oor die beperkte toegang tot finansiering vir Namibiërs wat eiendom wil bekom. Volgens Uutoni, het verskeie studies reeds getoon dat ‘n baie groot persentasie Namibiërs nie toegang tot die algemene fasiliteite vir huislenings het nie. Hy sê kredietfasiliteite is steeds vir die landsburgers […]

Read More

Skuilings vir Kaapse-vlugtelinge is nog nie verwyder nie

‘n Woordvoerder van die Vroue- en Kindersentrum by die tydelike skuiling vir vlugtelinge en asielsoekers in Kensington, Kaapstad, sê geen geriewe soos toilette of tente is vandag verwyder nie. ‘n Vlugteling by Paint City in Bellville, Hafiz Mohammed, het bevestig die geriewe is nog beskikbaar. Die Departement van Binnelandse Sake het twee weke terug gesê […]

Read More

Angula sê inligting is ook uitgelek by weermag to hy minister was

Die voormalige Minister van Verdediging Nahas Angula sê die Uitvoerende Direkteur in die ministerie Wilhelmine Shivute se kommer oor die uitlek van geklassifiseerde inligting is geregverdig. Hy sê dit het in sy tyd by die ministerie ook voorgekom. Hy verduidelik.

Read More