Delta woed wêreldwyd

Terwyl die Delta-variant van Covid baie vinnig deur Asië versprei het Amerikaanse owerhede ook aangekondig dat spesiale spanne regoor die land ontplooi sal word om die verspreiding van die variant, wat meer aansteeklik is as die vorige drie, te bekamp. Die Biden-administrasie sal volgens internasionale nuusagentskappe sy inentingsveldtog versterk in die verband. Intussen word daar berig dat die Johnson en Johnson-entstof ‘n verlengde immuniteit teen die variant bied. Rusland het ook erge uitdagings met ‘n skerp styging in Covid-gevalle as gevolg van die variant wat die eerste keer in Desember in Indië geïdentifiseer is.