VSA in Afghanistan – einde van ‘n era

Die einde van Amerika se teenwoordigheid in Afghanistan is in sig met die laaste Amerikaanse troepe wat die Bagram-lugmagbasis verlaat het. ‘n Bron van die Afghaanse weermag het aan Amerikaanse media gesê twee vliegtuie met Amerikaanse en koalisiemagte en toerusting het gisteraand die basis verlaat. Daar was aan die middelpunt van die Afghaanse konflik byna 100 000 Amerikaanse troepe in die land. Vroeër die week is berig dat die Amerikaanse sentrale bevel die ekwivalent van bykans 900 C-17-vlugte se vrag uit Afghanistan verwyder het, en byna 16 000 stukke toerusting is vernietig.