Vulkaanwaarskuwing in Filippyne

Duisende mense wat in die omgewing van die Taal-vulkaan suid van sentraal Manila in die Filippyne woon, is ontruim nadat die regering die waarskuwingstatus van ‘n moontlike uitbarsting verhoog het. Die land se seismologie en vulkanologie-agentskap het gesê ‘n magmatiese indringing by die hoofkrater kan uitbarstings aanvuur. Taal het in Januarie verlede jaar as en stoom van bykans 15 kilometer hoog die lug in geskiet. Dit lei tot wydverspreide vlugkansellasies en gevaarlike vallende as in Manila.