AR vra vir Kuba se Abdala-entstof

Die Affirmative Repositioning het ‘n beroep op die Namibiese regering gedoen om dit te oorweeg om Kuba se Abdala-entstof aan te skaf om Namibiërs in te ent. Die beweging se woordvoerder, Simon Amunime, het in ‘n mediaverklaring gesê om die Kubaanse entstof te bekom, sal dit Namibiërs se keuse vir ‘n entstof verbreed. Hy sê Kuba se vooruitgang en leierskap in die gesondheids en mediese sektor was nog altyd ‘n inspirasie vir die beweging.