Zuma kan nie tronkstraf vryspring

Daar is nou nie meer tyd vir Jacob Zuma om hom tot enige hof te wend om te keer dat hy sy tronkstraf uitdien nie, sê emeritus professor Pieter Labuschagne, regskenner van Unisa. Nog ‘n kenner meen Zuma sal onsuksesvol wees as hy probeer. ‘n Plaaslike regsgeleerde, Joe Naanda, sê die Konstitusionele Hof is die hoogste hof en daar is niks wat Zuma meer kan doen om sy vonnis tersyde te stel of uit die tronk te bly nie. Naanda verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.