Solidatriteit, Afriforum se saak oor Johnson & Johnson nie dringend genoeg

Solidariteit en AfriForum het gister ‘n dringende hofaansoek ingedien in hul stryd teen die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte regulerende owerheid, SAHPRA, se voorwaarde dat slegs die regering die Johnson & Johnson-entstof mag koop, tersyde te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met AfriForum se hoof van regsake, Anton van der Bijl, opgevolg. Hy het gesê dat die hof nie hul aansoek dringend genoeg bevind het nie. Dit is nie die einde van hul poging nie, het Van der Bijl aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.