Zuma-ondersteueners bring verkeerd in Nkandla tot stilstand

Ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma het verkeer in Nkandla tot stilstand gebring terwyl die spertyd naderkom waarop hy hom aan die polisie moet oorhandig. Die groep het na die oudpresident se woning in KwaZulu-Natal opgeruk in ‘n poging om te keer dat hy tronk toe gaan. Volgens berigte is daar ‘n groot polisieteenwoordigheid. Hulle deursoek voertuie wat deur die gebied beweeg. ‘n Zuma-ondersteuner, Ntando Khuzwayo, sê die groep beplan om met die optrede voort te gaan.