Grondhervorming se N$120m moet reg bestee word

Die Namibiese Minister van Landbou het net minder as 120 miljoen Namibiese doller bewillig vir grondhervorming. Die President van die Namibiese Landbou Unie Piet Gouws is van mening dat die geld genoeg is maar, dat dit sinvol aangewend moet word om reeds aangekoopte grond te rehabiliteer sodat produksie kan verbeter.

Read More

Kom reëls na – Nampol

Dis langnaweek en maandeinde en die Namibiese polisie het die publiek gewaarsku om regulasies na te kom, veral as dit kom by dronkbestuur. Die Woordvoerder van die Namibiese polisie Inspekteur Elifas Kuwinga het met Kosmso 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Nuwe visekanselier van Wits sê topgehalte studente moet ontwikkel word

Professor Zeblon Zenzele Vilakazi sê die Wits-universiteit moet daarop fokus om akademies uitstekende studente te ontwikkel wat hulle stempel op die samelewing afdruk. Hy is by die Groot Saal op die Braamfontein-kampus ingewy as 16de visekanselier en rektor van die universiteit. Vilakazi sê die universiteit moet voortgaan om wêreldklas navorsing te doen, en vernuwing en […]

Read More

Al Kaïda sê vir CNN die oorlog is nie verby nie

CNN berig dat twee Al Kaïda-woordvoerders aan die netwerk gesê het die oorlog teen Amerika is nog lank nie verby nie en dit sal voortgaan tot hulle uit die res van die Islamitiese wêreld verban is. Dit volg nadat President Joe Biden onlangs aangekondig het dat alle Amerikaanse soldate teen die einde van September uit […]

Read More

Angolese owerhede het kommer oor tweede vlaag

Die Angolese Minister van Gesondheid Silvia Lutucuta sê 513 000 mense is tot dusver ingeënt teen Covid. Die land se inentingsveldtog het op 2 Maart begin en Lutucuta sê daar is tans ‘n toename in gevalle wat aandui dat die land binnekort ‘n tweede vlaag infeksies kan ervaar. Daar is kommer omdat beide die Britse […]

Read More

Bloedbad het ‘May Day’ veroorsaak

Dit is môre die internasionale herdenking van Werkersdag, hier en elders bekend as ‘May Day’. Terwyl die dag oorspronklik die begin van lente in Europa herdenk het, is daar in Parys in 1889 ooreengekom dat 1 Mei voortaan die werkers se dag sal wees. Die Marxistiese Internasionale Sosialiskongres het so ooreengekom as gevolg van die […]

Read More

Geingob kan by Ramaphosa leer

Kenners meen dat die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ‘n goeie voorbeeld vir President Hage Geingob is. Ramaphosa het die week voor die Zondo-kommissie getuig, terwyl die voormalige president, Jacob Zuma alles in sy vermoë doen om dit te vermy. Intussen het Namibië die Fishrot-skandaal en Geingob is op rekord dat hy regsadvies ingewin het om […]

Read More

Major is terug by Joe & Jill

President Joe Biden se jonger Duitse Herdershond Major, is terug by die Withuis na 2 weke se intensiewe opleiding, wat tyd met katte ingesluit het. Major het 2 keer gehap na personeel van die Withuis en moes vir verdere gedragsterapie gaan. Major is een van 2 aanneem honde maar hy het gedragsuitdagings. Die Bidens wil […]

Read More

Windhoek rig 4 verkeersligte in Katutura op teen N$1,6m

Stad Windhoek het 1,6 miljoen Namibiese doller bekom om verkeersligte by drie kruisings in Katutura op te rig, sowel as die bekende 4-rigting in Havana. Luidens berigte is dit chaos by die Havana kruising, veral in spitsverkeer. Die Burgemeester Job Amupanda, wat die aankondiging gemaak het, sê dat daar in die afgelope 4 jaar geen […]

Read More

Verkeer is swaar, maar geen insidente nie

Verkeer na die kus neem toe. Roetes was reeds vroeg vanoggend redelik besig, veral tussen Windhoek en Okahandja en talle Namibiërs reis of noorde toe, of see toe. Volgens Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheids Inisiatief, verloop alles nog goed, al is die volumes besig om op te tel.

Read More