Vlugte van Kulula, British Airways vanaf Maandag opgeskort

Comair het bekend gemaak alle geskeduleerde vlugte van Kulula.com en British Airways in Suid-Afrika word van Maandag tydelik opgeskort. Dit volg nadat die land weer in vlak-4 van die inperking geplaas is en die verbod op alle nie-noodsaaklike reise na en vanaf Gauteng. Comair, wat beide hierdie lugdienste bestuur, sê hy hoop om vanaf die 30ste van hierdie maand sy diens te hervat. Kulula-passasiers met geldige kaartjies vir die maand sal dit binne 12 maande kan gebruik, terwyl BA se “bespreek met vertroue”-beleid van toepassing is op alle passasiers met geldige kaartjies.