Namibiese toerisme-regulasies bekend

Ná die nuwe Covid-regulasies deur President Hage Geingob vir Namibië aangekondig is, is die toerisme-riglyne uiteindelik bekend gemaak. Die omgewingsministerie het die riglyne aangekondig wat onder meer insluit daar word van toeriste verwag om ‘n geldige negatiewe Covid-toetuitslag te wys wat nie ouer as sewe dae is nadat hulle Namibië binnegekom het nie. Die dokumentasie met volledige reisplanne insluit wat bewys van bevestiging van besprekings insluit. Die bewyse moet op aanvraag aan gemagtigde amptenare by grensposte en padblokkades getoon word. Die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, Gitta Peatzold, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.