Skaakmeester is net 12 jaar oud

Abhimanyu Mishra van New Jersey in Amerika het pas die jongste grootmeester in die geskiedenis van skaak geword. Hy is 12 jaar en vier maande oud terwyl die vorige rekordhouer 12 jaar en sewe maande oud was. Abhimanyu verbeter reeds sedert ‘n baie jong ouderdom rekords. As sewejarige het hy die jongste deskundige van die Amerikaanse skaakfederasie geword. Op nege was hy die jongste nasionale meester in Amerika en op tien die jongste internasionale meester ooit.