Geingob bring hulde aan Kaunda

Die begrafnis van wyle Zambiese President Kenneth Kaunda het in die hoofstad Lusaka plaasgevind. Buitelandse hooggeplaastes uit Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe was van die roubeklaers wat hul laaste eer aan die bejaarde staatsman betoon het. Namibiese President Hage Geingob het hulde namens Namibië gebring. Geingob onthou die ontslape staatsman as ‘n ikoon op die Afrika-vasteland.

Nog ‘n leier in Afrika wat sy laaste eer aan die gevalle held betoon het, was die Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa wat Kaunda so onthou.