ANC se NUK vergader nie die naweek weens Zuma-drama

Die ANC het besluit om die naweek se vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee uit te stel. Die regerende party skryf dit toe aan die ontwikkelende situasie in Nkandla in KwaZulu-Natal waar oudpresident Jacob Zuma in hegtenis geneem moet word om sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof te begin uitdien. Woordvoerder Pule Mabe sê ‘n nuwe datum vir die vergadering sal mettertyd aangekondig word.