Dlamini-Zuma se appèl in inperkingsregulasies toegestaan

Die appèlhof in Bloemfontein het ‘n uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria tersyde gestel wat inperkingsregulasies ongeldig en ongrondwetlik bevind het. ‘n Inwoner van Tswane, Reyno de Beer, en sy organisasie, Liberty Fighters Network, het hulle in Mei verlede jaar tot die hof gewend om die streng vlak 4 en 5 inperkings uit te daag. Die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het appèl aangeteken en aangevoer die hofgeding het nie voldoende klem gelê op die grondwetlike aanval nie en was te vaag. Die appèlhof het bevind die hooggeregshof se toepassing van die rasionaliteitstoets was grondliggend gebrekkig.