Inligtingsentrum met 24-uur Covid-hulplyn help mense in nood

Dr. Fourie van den Berg, predikant van die NG Kerk Eros-gemeente in Windhoek, sê die inligtingsentrum met ‘n 24-uur Covid-hulplyn om Namibiërs van goeie raad en inligting te verskaf, is aan die gang. Hy sê daar is twaalf lyne vir twaalf verskillende dienste. Van den Berg het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Van den Berg het ook gesê die reaksie van die Namibiese publiek is baie positief en hulle sien daarna uit om mense in nood te bedien.