Nuwe Tesla-voertuig slaan aan die brand

Die Amerikaanse eienaar van ‘n splinternuwe Tesla Model S Plaid elektriese voertuig het naelskraaps ontsnap nadat die voertuig aan die brand geslaan het. Hy het die voertuig van byna 1,9 miljoen Namibiese dollar net drie dae tevore gekoop. Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se maatskappy het die voertuig ‘n maand gelede bekend gestel. Volgens die onbekende uitvoerende entrepreneur se prokureur, moes hy die deur oopdwing nadat die elektroniese stelsel nie wou werk nie. Die prokureur vra dat die voertuig herroep word hangende ‘n deeglike ondersoek. Tesla het nog nie kommentaar gelewer nie.