Dertig Covid-sterftes in agt distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 30 sterftes en 1 661 nuwe Covid-gevalle uit 3 626 toetsluitslae aangekondig. In die groep is 193 leerders, 38 elk onderwysers en gesondheidwerkers en 17 studente. Daar is tans 22 562 aktiewe gevalle, waarvan 531 mense in hospitale en 88 in intensiewesorgeenhede is.