Lekker bedrywig aan die kus die langnaweek

Die besettingsyfers van kusoorde lyk oor die algemeen goed die langnaweek. Baie Namibiërs het aan die kus gaan uitspan. Volgens Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheids Inisiatief was daar nog geen ernstige probleme op die paaie aan die kus nie.

Read More

Die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie word môre herden

Die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie word môre herdenk. Die deklarasie handel oor persvryheid en die belangrikheid van onafhanklike media in demokratiese stelsels. Wêreld Persvryheid-dag word ook op 3 Mei herdenk. Daar is reeds verskeie geleenthede wat in aanloop tot die dag aangebied is en môre word nog beplan. Namibië het intussen ook sy […]

Read More

Ace Magashule staan nog nie opsy

Die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, gaan glo vandag met die party se top-amptenare oor die party se omstrede opsystaan-besluit vergader. Die voormalige premier van die Vrystaat is onder druk om uit sy pos te tree of geskors te word oor sy korrupsie-verhoor oor ‘n skandaal van miljoene rande met ‘n asbestos-oudit kontrak. Magashule […]

Read More

LUR vat Amerika aan oor Lindani Myeni

Amerika behoort sy kop in skaamte te laat sak. Dit is die reaksie van die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling in KwaZulu-Natal, Nonhlanhla Khoza, na die liggaam van die 29-jarige Lindani Myeni van Hawaii in Suid-Afrika aangekom het. Die voormalige rugbyspeler van KwaZulu-Natal is deur Honululu-polisie doodgeskiet. Beamptes voer aan Myeni het gewelddadig geraak toe hulle […]

Read More

Namibiese huishoudings met minder besteebare inkomste

Huishoudings in Namibië het volgens die jongste syfers van die Bank van Namibië ‘n inkrimping van 1,7 persent in besteebare inkomste verlede jaar ervaar, teenoor ‘n toename van 1,1 persent wat in 2019 gemeet is. Volgens die plaaslike Ekonoom Klaus Schade beteken dit minder krediet, minder besteding en minder geld wat in die ekonomie sirkuleer.

Read More

Napoleon se lap volgende week onder die hamer

Versamelaars sal volgende week ‘n kans kry om DNS van die Franse Keiser Napoleon Bonaparte te bekom wanneer ‘n lap wat tydens sy nadoodse ondersoek op sy oorskot gebruik is, opgeveil sal word. Hy is op 5 Mei 1821 dood, 200 jaar gelede. Daar sal ongeveer 360 items te koop wees wat van sy hare, […]

Read More

Covid-19 pandemie in Indië versleg

In ‘n situasie wat al hoe meer versleg het Indië die eerste land ter wêreld geword om meer as 400-duisend koronavirusgevalle op een dag aan te meld. Die land se weermag het nou sy hospitale vir die behandeling van pasiënte oopgestel. Bykans drie-en-‘n-half-duisend sterfgevalle is gister aangemeld, wat die totale sterfgevalle op meer as 200-duisend […]

Read More

Dr Geingob loof werkers se rol in vryheidstryd

President Hage Geingob het die rol en eenheid van werkers tydens die vryheidstryd geloof. Die president het in ‘n twitter boodskap daarop gewys dat Werkersdag vandag in Namibië gevier kan word met die wete dat werkers ‘n groot bydrae in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land gespeel het en vir hulle rol in die vryheidstryd. […]

Read More

Mpumalanga-landbou verlig dat vyf verdagtes borg kry

Mpumalanga-landbou in Suid-Afrika is volgens berigte verlig dat die Piet Retief-Landdroshof borgtog aan vyf mans toegestaan het wat van moord op twee broers verlede maand op ‘n plaas in Pampoenkraal aangekla word. Die boere-organisasie het versoek dat ‘n omvattende ondersoek gedoen word na die beweerde rusie wat tot die skietdood van Zenzele en Mgnici Coka […]

Read More

WGO sal sy bevindings oor Sinopharm en Sinovac binnekort bekendmaak

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sal sy hersienings van die 2 Chinese entstowwe, Sinopharm en Sinovac, sowel as Moderna teen die einde van volgende week bekend maak. Die WGO se Assistent Direkteur-Generaal Mariangela Simao het die aankondiging gedoen. Nog net 3 enstowwe, Johnson en Johnson, AstraZeneca en Pfizer is vir noodgebruik goedgekeur. Indien die Chinese produkte goedgekeur word […]

Read More