Nangombe reageer op Kubaanse Covid-entstof

Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie, het gereageer op die Affirmative Repositioning se beroep op die Namibiese regering om die Abdala-Covid-entstof van Kuba te koop om Namibiërs in te ent. Hy het gesê die entstof-taakspan kyk na alle opsies vir entstowwe en dit is nie die eerste keer dat hulle van die Abdala-entstof hoor nie. Namgombe verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.