Dis vandag Internasionale Plastiekvrye-dag

Dit is vandag Internasionale Plastiekvrye –dag en Julie is as plastiekvrye-maand verklaar.. Kaapstad se Twee Oseane-akwarium pleit by mense om hulle afhanklikheid van plastiek te verminder en hulle aankope-keuses te heroorweeg. Die akwarium waarsku dat 71-persent van seeskilpaaie wat sy onderwysstigting rehabiliteer, plastiek geëet het. Seeskilpaaie eet plastieksakke, ballonne en mikroplastiek wat hulle as kos sien. Hulle kan nie die plastiek verteer nie en hou uiteindelik op met eet en vrek dan van die honger.