Covid-19 inligtingsentrum met 24 uur hulplyn van stapel gestuur

Covid-19 het ‘n impak op die gemeenskap en veroorsaak groot druk op mediese geriewe landwyd. In die lig hiervan het die NG Kerk se Eros-gemeente in Windhoek ‘n Covid-19 inligtingsentrum met ‘n 24 uur hulplyn van stapel gestuur. Dr. Fourie van den Berg, predikant van die gemeente sê daar is twaalf lyne vir twaalf verskillende dienste..