Christine en Beatrice bly in die nuus

Daar is op die oomblik ‘n burgerlike virtuele Avaaz-petisie aan die gang wat reeds deur meer as 4 duisend mense onderteken is wat versoek dat Christine Mboma en Beatrice Masilingi toegelaat moet word om aan die 400 meter wedlope by die Tokio Olimpiese Spele deel te neem.Hulle moes onttrek aan die 400 meter by die Spele asgevolg van hoë testosteroonvlakke. Volgens ‘n verklaring van die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee, het albei atlete natuurlike hoë testosteroonvlakke.