Wyle prof Kerina se begrafnis op MICT se webtuiste en faceboek-blad uitgesaai

Die begrafnis van wyle professor Mburumba Kerina môre gaan regstreeks uitgesaai word op die Namibiese Ministerie van Inligting en Telekommunikasie Tegnologie se webtuiste en faceboek-blad van 12 uur af. Die roudiens word vandag in die parlementstuine in die hoofstad gehou. Hy sal môre in die helde- en- heldinne begraafplaas op Okahandja ter ruste gelê word. Kerina is op 14 Junie aan Covid-19 oorlede. Hy was 89.