Spanning oor Zuma se tronkstraf

Ondersteuners van Jacob Zuma voel om hom tronk toe te stuur sal die buurland uitmekaar skeur. Die woordvoerder van die Mkhonto weSizwe-militêre-veterane-vereniging, Carl Niehaus, het die media by Nkandla in KwaZulu-Natal toegespreek. Hy sê Suid-Afrika sal in ‘n spiraal van geweld, onstabiliteit en onrus gedompel word as Zuma in hegtenis geneem word.