Covid-pandemie raak alles en almal

Die Covid-pandemie het ‘n impak op almal en alles, regeringstelsels ingesluit. In Zimbabwe het die pandemie meer druk op die die land se swak gesondheidstelsel geplaas. Die invloei van pasiënte na staatshospitale weens die pandemie was nie te wagte nie en sterfgevalle styg. Tendai Biti, die voormalige minister van finansies en leier van die opposisieparty, MDC in Zimbabwe, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.