Nudo-raadslid sê ja vir verhoging vir raadslede

Die Nudo Party se Sekretaris-Generaal, Joseph Kauandenge, sê raadslede van plaaslike en streeksowerhede verdien ‘n 50 persent salarisverhoging, ondanks die ekonomiese uitdagings. Kauandenge is self ‘n raadslid by Stad Windhoek en is van mening raadslede werk baie hard op grondvlak om verandering teweeg te bring. In ‘n onderhoud met nuusagentskappe het hy sy steun aan […]

Read More

Bill en Melinda skei

Bill en Melinda Gates gaan skei ná ‘n huwelik van 27 jaar. Hulle sal egter met hul filantropiese werk van die Bill & Melinda Gates-stigting voortgaan. Die stigting het verlede jaar 1,7 miljard Amerikaanse doller aan Covid-verligting bestee. Die paartjie het ontmoet toe Melinda by Microsoft werksaam was en hulle word erken as die mees […]

Read More

Jongste oor Covid-gevalle

Daar is 152 nuwe Covid-gevalle bevestig uit 1 146 toetse. Otjozondjupa en Khomas het 30 elk, Hardap 26, Oshana 19, Oshikoto 12, Omaheke 10 en Ohangwena 9. Daar is 16 leerders, 14 onderwysers, 3 studente en 9 gesondheidswerkers in die groep. Sewe pasiënte het herstel. Daar is 159 pasiënte wat gehospitaliseer is met 40 in […]

Read More

Rykste lande moet wêreldbevolking help inent

Die voormalige Britse Eerste Minister Gordon Brown het aan die Wêreldgesondheidsorganisasie en wêreldleiers van die 30 rykste lande gesê hulle moet die wêreldbevolking help inent. Hy sê 90 persent van die wêreldbevolking kan maklik ingeënt word, met die fokus op gesondheidswerkers en ouer mense.

Read More

Plaaslike toeriste ondersteun NWR

Namibia Wildlife Resorts het ‘n verlies van N$104 miljoen gehad weens die impak van Covid-19, maar is dankbaar oor die inkomste wat veral met plaaslike toerisme verdien is. Die Hoof Uitvoerende Beampte van NWR, Matthias Ngwangwama, na afloop van hul algemene jaarvergadering.

Read More

Korttermyn versekering krimp

Namfisa het hul 2020 derde kwartaal se statistiekeverslag vrygestel waarin die korttermyn versekeringsbedryf se bates met 8,7 persent op ‘n jaargrondslag gekrimp het. Volgens Robert McGregor, ‘n Ekonoom van Cirrus in die hoofstad het die 0,2 persent kwartaallikse inkrimping aan die pandemie toegeskryf.

Read More

Duitse polisie sluit pornografie-platforms

Vier mans tussen die ouderdomme van 40 en 64 jaar is in hegtenis geneem nadat die Duitse polisie een van die grootste donkernet-kinderpornografie-platforms ter wêreld gesluit het. Die platform, genaamd Boystown, het meer as 400 000 lede en gebruikers is toegelaat om grafiese beelde en video’s te deel. Die verdagtes word beskuldig dat hulle as […]

Read More

“Lucky nie bitter”

Die voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspoorvereniging van Suid-Afrika, Lucky Montana, sê bewerings deur sommige ANC-lede dat hy bitter is, is heeltemal ongegrond. Montana het voor die staatskapingskommissie in Johannesburg getuig en ‘n aantal senior ANC-lede betrek. Hy beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy die kommissie mislei het toe hy vrae oor staatsondernemings beantwoord […]

Read More

Nampu veroordeel intimidasie van joernaliste

Volgens die nuutgestigde vakbond vir Namibiese professionele media, Nampu, intimideer die Yslandse maatskappy, Samherji, twee joernaliste wat oor die Fishrot-korrupsieskandaal berig. Nampu veroordeel dié aanvalle op joernaliste. Die sekretaris-generaal van Nampu, Sakeus Ikela, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Ovaherero uit Botswana herdenk repatriasie

Sowat 700 Ovaherero-gemeenskapslede wat die 28ste herdenking van hul repatriasie uit Botswana herdenk het, is ontevrede oor hul burgerskap deur registrasie. As afstammelinge van die Ovaherero wat teen die Duitse koloniale magte geveg het, meen hulle hulle moet Namibiese burgerskap deur herkoms verkry. Hulle het by Gam naby Tsumkwe byeengekom om hul repatriasie uit Botswana […]

Read More