Champlain Towers in Surfside gesloop

Die oorblywende deel van die Champlain Towers South-gebou naby Miami in Suid-Florida is gesloop. ‘n Gedeelte van die gebou van 12-verdiepings het verlede maand ineengestort. Reddingswerkers het die oorskot van 24 mense gekry terwyl 121 nog vermis word. Die slopingsoperasie is gouer afgehandel na vrese oor veiligheid en die Tropiese Storm Elsa wat Florida na verwagting môre sal bereik. Die burgermeester, Charles Burkett, sê hy is vasbeslote om reddingspogings te laat voortgaan totdat almal uit die puin gehaal is: