Ek’s nie bang nie – Zuma

Oudpresident Jacob Zuma sê hy is nie bang om weens sy oortuigings tronk toe te gaan nie, aangesien dit nie die eerste keer sal wees nie. Hy het die land vanuit sy woning in Nkandla in KwaZulu-Natal toegespreek oor kwessies rakende die uitspraak van die Konstitusionele Hof, wat hom vir 15 maande tronk toe gestuur het. Zuma sê om hom op sy ouderdom tydens die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie tronk toe te stuur, is soortgelyk aan ‘n doodsvonnis. Hy voeg by dat hy nie simpatie vra nie, maar slegs geregtigheid: